Laerskool Saamspan Logo

Laerskool Saamspan

Welkom by

LaerskoolSaamspan

Mnr. Marius van Niekerk – Hoof

Mnr. Marius van Niekerk

Skoolhoof

πŸ’¬

Woord van die Hoof

Hartlik welkom by Laerskool Saamspan. Hierdie is 'n unieke skool wat reeds op verskeie terreine en in baie opsigte uitsonderlik presteer het. In die skool heers 'n skitterende gees waarop elke ouer, onderwyser en leerder trots is. As jongmens sal u kind hier die geleentheid kry om ten volle te ontwikkel sodat hy/sy sy/haar plek later in die HoΓ«rskool sowel as in die volwasse lewe kan volstaan.

Elke leerder is vir ons belangrik en daarom streef ons om opvoeding en onderwys van hoogstaande gehalte te lewer. Harde werk binne 'n gedissiplineerde milieu is ons uitgangspunt. Die rol van die ouer bly prioriteit β€” ons volg 'n oopdeurbeleid en wil u graag te woord staan met enige probleme wat mag opduik in belang van u kind se opvoeding en vordering.

Laerskool Saamspan het 'n trotse rekord wat betref akademiese sowel as sport- en kulturele bedrywighede. As Hoof en Personeel sien ons daarna uit om u kind te ontmoet β€” in die gees van: Saamspan

πŸŽ“
Gr R – Gr 7

Akademie

Sterk akademiese prestasies in alle vakgebiede met 'n fokus op elke leerder se individuele ontwikkeling.

πŸ†
7 sportsoorte

Sport

Atletiek, krieket, rugby, netbal, sokker en swem β€” 'n aktiewe liggaam voed 'n aktiewe gees.

🎭
Hart van die skool

Kultuur & Gees

Koor, toneelspel, debat en kuns β€” hier kry elke kind die kans om te skitter.

Ons Visie & Missie

🌟

Ons Visie

Die verskaffing van voortreflike en relevante onderwys β€” sodat elke leerder kan skitter.

🎯

Ons Missie

  • πŸ‘©β€πŸ«Die aanstel van hoogsopgeleide opvoeders
  • 🏫Die skep van 'n leerdervriendelike omgewing
  • πŸ’‘Die genereer van genoegsame finansiΓ«le hulpbronne vir die bereiking van die visie

Ontdek Saamspan

Klik en leer meer oor alles wat ons skool te bied het

Volg Ons op Facebook

Bly op hoogte van die nuutste nuus, foto's en gebeure by Laerskool Saamspan.

πŸ“˜ Besoek ons bladsy